Skip to main content

Posts

Showing posts from January 14, 2024

Wit Heinings(An Afrikaans Short Story)

  Die trein kaartjie. Dis al waaraan sy kan dink. Die trein kaartjie; dis haar sleutel tot vryheid. Tot asemhaling, ja dit sal haar longe weer lug laat proe. Binne haar handsak – die glinsterende bottelgroen een wat sy verafsku, die een wat hy vir haar as geskenk vir hulle eerste huweliksherdenking gegee het (nie noodwendig oor die kleur, of die gehalte, of die prys nie, maar eerder oor die sentiment wat daaragter skuil) – tussen die voue, lê die vierkantige papiertjie. Sy vroetel met haar vingers binne in die bottelgroen mond, haar hand Jona en die 'geliefkoosde' handsak die vis. Uiteindelik voel sy die kaartjie– dit was darem nie ingesluk en weggevoer nie. En blaas saggies uit. Die agterkant van haar skedel raak aan die koel muur. Daar's niemand langs haar nie. Haar oë gaan toe en prentjiemooi beelde van 'n paradys neem haar verstand oor. Alleen lê sy op 'n goue strand, geniet die ligte somer briesie oor haar vel. Sal iemand haar as mal beskou indien sy nou '